Testimonials

03 Oktober 2019

Freddie & Marius


Ek vertrou dit gaan goed in Worcester.

Ek het nou eers weer gaan kyk hoe lyk julle website (baie cool) en lees toe die gedeelte onder " About us" waar julle dan sê "It's not about us....it's all about you, the customer".

Verlede week sou ek dalk bietjie skepties gewees het as ek dit moes lees, maar na my kontak met julle kan ek bevestig dat dit 100% akkuraat is.

Julle het al my verwagtinge oortref...(en ek het baie hoë verwagtinge oor die algemeen! #perfeksionis).

Baie dankie vir al julle moeite om vir my daai TREK te kry wat ek al só lank só graag wou hê. Ek het nie gedink dit gaan realiseer nie - EK WAS TE LAAT.

Julle het die ekstra myl geloop en dit maak gebeur - "It's not about us....it's all about you".

Ek waardeer dit meer as wat julle besef...

Hoop ek kan eendag vir julle 'n klip uit die pad rol of ten minste vir julle nog besigheid stuur.

Beste wense.
JP
Limpopo


N.S. As ek kyk na Freddie se WhatsApp boodskappe dan wissel die tye van 05h30 in die oggend tot 19h00 die aand - nou nie wat ek sal noem normale besigheidsure nie... Dankie Freddie dat jy so toeganklik en basies altyd beskikbaar is. Dis ongehoord. Dankie. Dankie. Dankie!